VBO nuut en geïntegreerd

 Sertifikaat in Bedieningsvernuwing ontwikkel deur die VBO-taakspan in samewerking met Communitas, Excelsus en Shepherd

 Nege modules versprei oor 3 jaar:

 Jaar 1

Module 1

Oor ons Konteks – om die wêreld en tye waarin ons leef, dieper te verstaan

Module 2

Oor Gemeentes – deel van die probleem of deel van die antwoord?

Module 3

Oor God – die Drie-enige God, Missio Dei en die plot van die Evangelie

 Jaar 2

Module 4

Oor Identiteit – wie is ons en waar pas ons in?

Module 5

Oor Bediening en geestelike leierskap – die hart van predikantswerk

Module 6

Oor Bediening en Geestelike Formasie – hoe mense gevorm word vir dissipelskap en diens

 Jaar 3

Module 7

Oor Missionêre Gemeentes – hoopvol en energiek vir ons roeping

Module 8

Oor die Erediens en Prediking – hoe ons die storie van die evangelie glo, vier en vertel

Module 9

Oor Gemeenskap – om koinonia en diensbaarheid in gemeentes te versterk

Verwerf 180 VBO-punte (60 punte per jaar)

Die eerste drie modules word op die volgende datums in Pretoria aangebied:

  • Module 1     28-30 Maart 2017
  • Module 2     23-25 Mei 2017
  • Module 3     15-17 Augustus 2017

Koste: R830,00 per module (R7 470,00 vir die volle 3 jaar)

Vir meer besonderhede kontak Rika van Rensburg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 012 420 6738

Inskywingsvorm

Go to top