Van institusioneel na missionaal

Written by admin on September 17th, 2011. Posted in Missionaal

Hoe daar oor die kerk gedink word, wat die rol van lidmate is, hoe ‘n mens dink oor leierskap, wat die rol van die predikant is, bepaal in ‘n groot mate hoe ‘n mens dink oor ondersteuningstrukture en sisteme in die kerk.   Die werklikheid van klein en kleinerwordende gemeentes en die bediening op die platteland noop die kerk om nuut te besin oor die bediening in gemeentes.   Gemeentes moet gehelp word om binne ’n nuwe bedieningsparadigma te funksioneer, waarin daar nuut gedink moet word oor kerkbegrip en bediening in gemeentes. Die skuif wat gemaak moet word, is weg van die tradisionele geïnstitusionaliseerde kerk na ‘n missionêre (verhoudingsgedrewe) kerk.

Institusionele Kerk

(vasgeval in tradisie)

Missionêre kerk

(verhoudingsgedrewe)

Kerk in sentrum Meerderheid Setlaars (gearriveerdes) Een gemeenskap

Lidmate se behoeftes bepaal agenda

Almal glo eenders en leef eenders

Duidelike grense

Programme staan voorop

Kontrole en beheer – Kerkorde belangrik

Teologiese gesprek:  Wie is reg/verkeerd?  Wie is in/uit?

Styl van vergaderings:  Debat

Toelating tot geloofsgemeenskap:  Bekering

Verkondig:  Regte dogma

Fokus:  Instandhouding

Kerk op rand van samelewing Minderheid Reisigers Gemeenskap tussen baie ander

Gemeenskap se behoeftes bepaal agenda

Diversiteit word omhels

Geen grense – tog duidelike kern van navolgers

Prosesse staan voorop

Kreatiwiteit – Verhoudings belangrik

Teologiese gesprek:  Waar is die lewende Jesus teenwoordig.

Styl van vergaderings:  Geloofsonderskeidend

Toelating tot geloofsgemeenskap:  Onvoorwaardelik

Verkondig:  Christus

Fokus:  Sending en gestuurdheid

Denke oor verandering

Traag om aan te pas by verandering Groot veranderinge veroorsaak krisis

Tradisies word gehandhaaf – Leef vanuit verlede

Instandhouding van strukture (geboue, kerkverband)

Rolle vasgestel, volg gebaande weë

Gesagsfigure (patriarge/matriarge) hou alles in plek

Kenmerk:  Vasgelooptheid

Bewerk verandering deur strategiese beplanning:

Verander strukture

Die werklikheid – die oplossing van die probleem bepaal ons agenda

Strategiese beplanning poog om al die aktiwiteite, hulpbronne en energie  te rig op ‘n gedeelde visie  en duidelike doelwitte.

Omhels verandering en reageer op ‘n teologies gefundeerde manier daarop Besef en weet dis nie ’n ramp wat tref nie, maar ongelooflike geleenthede en uitdagings wat oopgaan! Kreatiewe aanpak van die toekoms met die wete dat die lewende God self met sy kerk op weg die toekoms in.  Die verandering van mense en instellings deur betekenisvolle verhoudings om aan te sluit by God se sending in die wêreld.

Elkeen leef unieke gawes uit

Gedeelde leierskap

Sien energiepunte van hierdie tyd raak en begin ontgin dit in vertroue op en gehoorsaamheid aan die Here.

Werk met kultuurverandering

Verander kultuur (waardes)

Kultuurverandering gaan oor die skep van ‘n ruimte waarin kern van die gesprek handel oor God en sy wil.  Hy bepaal ons fokus/agenda.

Die werklikheid is dat die soort kultuurverandering wat missionêre transformasie kenmerk, nie-liniêr, onvoorspelbaar en chaoties is. 

Identiteitsvorming

Identiteit word afgeforseer van bo na onder (Manuel Castells– legitimizing identity formation).  Die sinode, ring of kerkraad (magstruktuur) bepaal deur Kerkorde en dogmatiese besluite die leer en lewe van die gemeente

Identiteit word gevorm onder leiding van die Woord en Gees in gemeenskap met mekaar (Manuel Castells – project identity formation) Die wil van God vir sy koninkryk binne die konteks waarin ons leef staan voorop.

 Leierskap

Klem op besondere ampte Hiërargiese leierskap Predikant neem sterk leiding Verkose leiers vir bepaalde termyn, wat soms nie oor gawes beskik om werk te doen

Beperkte ampte (predikant, ouderling, diaken)

Een gemeente – een leraarspos wat net in die gemeente werksaam is

Amp van die gelowiges staan voorop Leiers is dienaars Gedeelde leierskap Geroepe leiers wat hulle gawes uitleef en sy lewe wy aan ‘n bepaalde roeping.

Maak voorsiening van meer ampte

Die predikant het rol ten opsigte van die gemeenskap

Rol van die predikant

Skep ‘n Omgewing wat mense aanmoedig om saam God se toekoms te ontdek

Predikant moet by elke geleentheid teenwoordig wees anders is die geleentheid nie belangrik nie Predikante versorg lidmate pastoraal Leraar gee oplossings

Leraar is die “General Practisioner) ”Moet alles kan doen en die wendrie druk

Vermy konflik en spanning

Bestuurder van bedieninge

Predikante is afrigters en mentors van lidmate – lidmate se betrokkenheid bepaal belangrikheid Predikante rus lidmate toe – onderlinge versorging vind plaas Leraar vra vrae wat verbeelding stimuleer en kreatiwiteit bevorder sodat lidmate se gawes tereg kan kom Skep positiewe omstandighede waarin lidmate hulle gawes ontdek en in die gemeenskap betrokke raak

Fasiliteer spanning

Geestelike leier

 Ondersteuningsisteme

Teologiese opleiding en bediening

Fokus op akademiese opleiding Bediening geskied deur goed teologies opgeleide predikante

Fokus op praktykopleiding Heropleiding en voortgesette opleiding word toenemend meer belangrik Voorsiening word gemaak vir opleiding van lidmate in gespesialiseerde bedieninge Bediening deur lidmate onder mentorskap van goed opgeleide teoloë 

Finansies

Finansies word hoofsaaklik gebruik om predikantspos en geboue te onderhou Gemeentes neem predikante in diens

Gemeentes deel die predikant (vennootskappe) en wend geld aan vir koninkrykswerk Ringe en sinodes neem predikante in diens en skep die nodige kapasiteit om gemeentes deur kritieke tye te begelei

Rol van Algemene Sinode, Sinode en ringe

Kerkorde word vasgestel en beheer word toegepas Dogmatiese besluite word geneem Debatvoering

Gebrekkige verhoudings – Wantroue

Samekoms van gemeentes om teologiese sake van gemeenskaplike belang te debatteer.

Word ruimte waar nuwe waardes gevorm word en ingeoefen word Word ruimte waar verhale van hoop met mekaar gedeel word Geloofsonderskeidende vergaderings Kultuur van vertroue word gevestig

Klem op diens aan gemeentes – begeleiding van gemeentes

Skep netwerke waar kennis, vaardighede en bronne met mekaar gedeel word.

Begeleiding en versorging

Predikante word begelei en versorg

Versorging en begeleiding van leierskap en persone wat verantwoordelikheid neem vir bediening.

Kommunikasie

Formele – Top-down kommunikasie Stadige kommunikasie deur gedrukte media

Informele kommunikasie netwerke Vinnige elektroniese kommunikasie soos SMS, e-pos, twitter en facebook

Belangrike beginsels vir ondersteuningsisteme en netwerke

  1. Ondersteuningstrukture  en netwerke word gevorm vanuit  die Nuwe Testamentiese insigte en beskrywing van koinonia.  Onserlinge sorg vir mekaar, liefde vir mekaar, ondersteuning van mekaar…  kan alleen gestalte kry binne verhoudings waarin ons mekaar beter leer ken, mekaar respekteer en ons oor grense heen na mekaar uitreik.  Die vertel van ons stories – die verhaal van gemeentes help ons om ons eie identiteit te ontdek maar ook mekaar beter te leer ken.
  2. Die vorming ondersteuningstrukture en -netwrerk vloei voort vanuit ‘n proses van geloofsonderskeiding en verdiepte spiritualiteit.   Ons besig wees met die Skrif breek grense af en skep openheid.  Die omgekeerde is ook waar.   Die proses van geloofsonderskeiding word voltooi wanneer persoonlike insigte, gedeelde insigte word.
  3. Leierskap verskuif van die een wat beheer en bestuur na die een wat saamwerk en samewerking  bewerk.   Leierskap beskik oor die vermoë om mense oor grense heen aan mekaar te verbind.   Leiers het verhoudings-intelligensie (RI) (Steve Saccone)
  4. Ons klem op verhoudings gaan uit van die belangrike beginsel dat ons mekaar nodig het – ons antwoorde op probleme nie lê by die indiwidu nie, maar in ons saamdink en saamworstel voor die aangesig van die Here.
    Die verslag oor leierskap wat voor die Reformed Ecumenical Council gedien het, praat van “shared leadership” en omskryf dit as volg: “Leadership is no longer a lone-ranger function.  The world, society, organizations, and the changes we are experiencing are just too complex.  The problems we face are too complex to be managed by one person.  We require more than one brain to solve them.” (REC 2005:326)
    Sam Kobia, Algemene sekretaris van die Wêreldraad van Kerke: “If you want to walk fast, walk alone.  If you want to go far, walk together”.

Die pad vorentoe

Ons sal ons moet afvra, hoe maak ons die skuif om kleingemeentes te help verstaan dat hulle lewenskragtig kan wees en ’n waardevolle bydra het om te lewer in die gemeenskap waarbinne God hulle geplaas het?

Die bou van verhoudings is noodsaaklik om hierdie skuif te maak.  Daar sal oor grense beweeg moet word om dit te doen.  ’n Sleutel wat ons tot ons beskikking het, is om te luister na gemeentes se verhale wat al die skuif gemaak het en om by hulle te leer.  Hieruit kan ons “best practices” aflei en daarvan gebruik maak om ander gemeentes deur die proses te help.

Met die eerste aanhoor van verhale van gemeentes blyk dat een van die belangriker storielyne wat aan die ontplooi is, die van verhoudings en die waarde van verhoudings is.  Met eerste oogopslag blyk dit dat waar gesonde verhoudings is, mense mekaar vertrou met die toekoms van die gemeente en ook bereid is om oor moeilike grense te gaan om dit te laat werk.  Uit die verhale word dit ook al meer duidelik dat hierdie onderlinge verhoudings bepalend is vir die waardes waarop ooreengekom word in bepaling van die speelveld en spelpatroon vir die toekoms.  Hieruit volg dan ’n nuwe definisie van rolle in die gemeente en gemeenskap.  Sodra hierdie rolle gedefinieer is, raak die gemeente ook meer gewillig om grense in die gemeenskap oor te steek en betrokke te raak  netwerke in die gemeenskap.

Vanuit hierdie tentatiewe opmerking sal ons moet nadink oor hoe ons dan gemeentes help om die skuiwe te maak wat nodig is vir hul oorlewing.  Daar sal veral aandag geskenk moet word aan die bou van kapasiteit.  Hierdie bou van kapasiteit sluit sake in soos netwerkvorming, gawebediening,  ontwikkeling van ’n nuwe  verstaan die taak en rol van die predikant, kerkraad en lidmate.  Indien die Algemene Sinode ’n wesenlike bydra tot hierdie saak kan maak sal die toekoms van die kerk op die platteland en in stede waar gemeentes net soveel meer help.

Dit is belangrik om daarop te let dat gemeentes nie gedwing kan word om die skuif te maak nie.  Uit die verhale is dit duidelik dat gemeentes nie noodwendig pro-aktief oor die toekoms dink nie.  Baie gemeentes is so vasgevang in ’n poging om te oorleef dat hulle nie verder kyk nie.  Dit is eers wanneer gemeentes ’n nulpunt bereik dat die kerkraad en die lidmate oop is vir hulp.  Hier sal dit dalk sinvol wees om persone in streeksinodes af te sonder om met gemeentes wat finansieel swaarkry om te oorleef op weg te gaan en in ’n gees van liefde saam met die gemeente te begin reis om antwoorde op die krisis te soek.

Related

Verslag aan Algemene Sinode 2011 September 28, 2011In "Verslae"

Klein gemeentes as FAMILIE-grootte gemeentes October 9, 2011In "Algemeen"

Waar woon die lidmate van die NG Kerk? October 9, 2011In "Verslae"

Waar woon die lidmate van die NG Kerk?

Written by danie on October 9th, 2011. Posted in Verslae

Waar woon die lidmate van die NG Kerk? Meer as die helfte (55%) van die lidmate van die NG Kerk woon in voorstedelike gebiede en 27% woon in klein plattelandse en plattelandse streke. Lidmate in buitengewone gemeentes het afgeneem van 9% in 2000 tot 3% in 2004. Die kategorie is by die stedelike gemeentes in die 2006 opname gevoeg, aangesien die meeste van die gemeentes deel van naburige gemeentes , veral in stedelike gemeentes geword het.

Kerkspieël, die gereelde opname van die NG Kerk oor sy eie bedieningsituasie, gee ‘n duidelike prentjie.  Klik hier om ‘n opsomming van die ruimtes waar NG lidmate woon, te sien - sien kerkspieël.

Klein gemeentes as FAMILIE-grootte gemeentes

Written by danie on October 9th, 2011. Posted in AlgemeenVerslae

Die gewildste beskrywing waarmee tussen verskillende soorte gemeentes onderskei word, is dié van gemeente-grootte. Die model werk met erediensbywoning en gaan uit van die veronderstelling dat die kultuur en struktuur van gemeentes wissel na aanleiding van die grootte daarvan. Volgens Alice Mann (1998) kan daar vier groottes gemeentes onderskei word. Dit kan as volg opgesom word:

Tabel: Vier groottes gemeentes

Pastor-gesentreerd

Pastoraal Erediensbywoning:

70-200 Leraar: Pastor

KR: Herders

Homogene verhoudinge

Korporatief Erediensbywoning:

>350Leraar: Visiedraer

KR: Strategiese leiers

Komplekse verhoudinge

Groep-gesentreerd

Familie Erediensbywoning:

25-100 Leraar: Familie-vriend

KR: Patriarge en matriarge

Homogene verhoudinge 

Program Erediensbywoning:

150-350 Leraar: Toeruster

KR: Bedieningsleiers

Komplekse verhoudinge 

 

Organisme

Organisasie

Beskrywing van die familie-grootte

Volgens Mann se tipologie  is klein gemeentes (stedelik of plattelands) organismes wat meer relasioneel as struktureel in homogene verhoudinge verbind is, en groep-gesentreerd.  ’n Klein gemeente is ’n familie met patriarge en matriarge wat in beheer is.  Hulle is sterk op oorlewing ingestel, en laat hulle dus nie sommer deur die kerkverband sluit nie.  Nuwe lidmate word deur ’n komplekse proses van sosiale aanneming ingesluit. Net soos by gewone families, word jy deel van die familiesisteem slegs deur óf geboorte óf aanneming.

Predikante se rol is om dié funksies uit te voer wat die lidmate nie self kan doen nie (bv. doop, nagmaal, begrawe, preek), maar die predikant wat aanneem dat hy/sy die hoof-uitvoerende beampte is, maak ’n reuse fout.  Predikante funksioneer meer in ’n kapelaansrol, sonder uitvoerende bemagtiging.  Predikante moet hierdie gemeentes daarom lief hê en vir drie jaar niks probeer verander nie.  Hoe langer die predikant bly, hoe meer invloed verwerf hy/sy en word maklik ’n bedreiging vir die patriarge en matriarge.  Daar word dus dikwels krisisse geskep om te verseker dat die dominee korter bly, eerder as langer.  Indien die leraar vir langer as vyf jaar kan bly, word egte transformasiemoontlikhede ’n werklikheid.

Volgens Mann begin baie predikante hul bediening in hierdie gemeente-grootte, maar dit is die moeilikste tipe bediening vir pas-afgestudeerde predikante.  Die geesdrif en entoesiasme van die jong dominee pas gewoonlik nie by die rolverwagting van tradisionele pastorale versorging nie. (Mann 1998)

WAARDERING VIR DIE KLEIN GEMEENTE-GROOTTE

  1. Kwaliteit van lidmate

Hoewel klein gemeentes unieke sosiale uitdagings ervaar, soos deur Mann beskryf, moet daar waarderend na hierdie gemeente-grootte gekyk word.  Die kwaliteit van lidmate óók in hierdie gemeente-grootte is ’n bron van dankbaarheid. Tydens die klein gemeente-konferensie kon al die sinodes bevestigende verhale vertel van die bruikbare mense-materiaal en toewyding van lidmate in hierdie gemeentes.

  1. Unieke kapasiteit

Juis vanweë hulle grootte is hierdie gemeentes in staat om:

  • nabyheid en intimiteit in die geloofsgemeenskap te beliggaam;
  • verhoudingsgedrewe eerder as formeel gestruktureerd te funksioneer;
  • ’n daadwerklike gemeenskap-wye impak te maak; en
  • ’n prominente publieke profiel deur diensbaarheid te verwerf.

Klein gemeentes is ’n wêreldwye fenomeen. Getalsgewys is waarskynlik die meeste gemeentes klein gemeentes.

  1.  Verhoudinge

Klein gemeentes is verhouding-gedrewe gemeentes. Nie die charisma van die predikant, of die kwaliteit van die program, verskaf die kohesie nie. Die kohesie groei uit die kwaliteit van die verhoudinge – met God, met mekaar en met die gemeenskap. Juis hierin lê geweldige potensiaal opgesluit.

Verslag aan Algemene Sinode 2011

Written by danie on September 28th, 2011. Posted in Verslae

‘n Taakspan, bestaande uit verteenwoordigers van al tien sinodes van die NG Kerk het in Mei 2011 vir drie dae bymekaargekom om ‘n verslag oor klein gemeentes aan die Algemene Sinode in sitting in Oktober 2011 voor te berei.

Die inisiatief is gebore uit ‘n opdrag vir navorsing oor klein gemeentes deur die Algemene Sinode van 2007.

Die produk is ‘n omvattende verslag waarin:

  • klein gemeentes omskryf word,
  • gepraat word oor die gepaste teologiese raamwerk waarin die bediening van klein gemeentes verstaan moet word
  • verhale vertel word oor betekenisvolle innovering in klein gemeentes
  • verduidelik word hoe die kerkverband klein gemeentes kan bystaan, en
  • voorstelle gemaak word oor hoe die bediening in klein gemeentes bevorder kan word.

Dit is ‘n hoopvolle verslag.  Waar klein gemeentes daarin slaag om uit ‘n institusionele raamwerk na ‘n roepingsgedrewe bediening te skuif, met ‘n diep konneksie aan die plaaslike gemeenskap, is daar ‘n blink toekoms.

Klik hier vir die volledige verslag.

Go to top